Hierdie maand nooi ons jou uit om te begin deel neem aan die blog proses. Miskien het jy nog nooit die belewenis gehad nie! Ons wil graag hoor wat jy dink en wat die kwessies is wat jy op jou hart voel op die oomblik. Wil jy dit nie asseblief post op die blog nie deur hier te comment nie? Doen dit sommer nou. Vertel ons wat op jou hart is? Wat jy dink oor sake? Praat prontuit!

Advertisements

Ek is jammer oor jou ouma, Fourie. Ek dink ons se dit te min vir mekaar. So asof geweld en dood so deel geraak het van ons lewens, dat dit amper normaal geword het. ‘n Getraumatiseerde samelewing. Gedrewe deur vrees. Maar ook gedrewe deur die eeue oue wortel van sonde – die soeke na power.

Anriette se stories (waarvan ek deel was) het my baie dinge laat besef. Dit het my laat besef daar is ‘n leierskapskrisis groter as wat ons besef in ons land, in ons regering en in ons kerk. Die Xeno goed het my laat besef hoe groot die potensiaal is dat ons “bubble” werelde waarin ons wegkruip dalk een van dae gekonfronteer kan word met ‘n SA wat ons nie gewoond is nie. En daar is vrees! En daar is haat! En daar is die soeke na mag! Mag oor buitelanders, mag oor armes, mag oor die “ander”! En waar is die leiers? Waar is die kerk?

Ons staan op die verhoog van die Germiston stadsaal en probeer iets organiseer tussen deur al die chaos van skenkings wat rond le. En ek dink: “Waar is die res van die kerk?”. Dit voel vir my ons hou selgroepe, ons hou Bybelstudie, ons lei mense op, ons prys die Here op Sondae, ons hoor preke….vir die dag wat ons die Koninkryk van God kan laat kom. En nou is die dag hier! En waar is die kerk? “Nee sorrie, ons hou eers vergadering daaroor om te besluit wat om te doen!”, “Nee sorrie, ons is baie besig by ons gemeente vanaand!”, “Nee sorrie, ons kamp!”. Wat ‘n ontnugtering. Die goed is mos belangrik! Ek stem. Belangrik om ons te equip om die hande en voete van die Koninkryk te wees. Great! So hier is dit nou jou kans! Maar nee, niemand het ons genooi nie! 

Ons lewe in frightening tye as die kerk te besig is met haarself om in ‘n moerse krisis soos ‘n mini-oorlog in Gauteng ‘n verskil te gaan maak! Met apologie aan die broers en susters wat wel het, en wel ‘n verskil gemaak het en bygedra het, en steeds doen….I salute you!

Die “ons”, die “kerk” is jy. Jy wat hierdie lees. Jy wat nie ‘n uitnodiging nodig het om te gaan nie. Jy wat VREESLOOS lewe! Jy wat verstaan, daar is niemand anders wat gaan kom om die gemors uit te vee nie! 

Geweld, Xeno, Zimbabwe, die gebrek aan leierskap, die blerrie duur diesel, die rentekoerse, die vrees, die power struggle….hier kom ONS! Ons…die kerk….nie die gebou nie…die kinders…hier kom ONS!

My ma het op my ouma afgekom waar sy, soos altyd, agter in haar groentetuintjie tussen suurlemoene en rankbootjies was. Sy het met haar gesig teen die grond gele, die lewe uit haar lyf gewurg. Haar huisie wat sy elke dag kompulsief skoon gemaak het, was vuil en woes agtergelaat. Haar kaste deurmekaar gekrap en haar beregoed het orals op die netjies opgemaakte bed gele. In die kombuis op die vloer het ‘n half lee koekieblik oopbek gele en gaap, die krummels die wereld vol. 

Wie vermoor ‘n ouma en steel dan ‘n paar koekies? Hy kon gevra het? Hy kon gebedel het? Hy sou waarskynlik die hele blik gekry het. 

Sy het nie iewers langs ‘n snelweg naby die stad gebly nie, ook nie duskant ‘n tronk of ‘n plakkerskamp nie. Sy was nie laatnag op ‘n trein beroof nie. Sy was bloot besig om haar laaste jare van ‘n vol lewe tussen granadellas, pronk ertjies en stink afrikanertjies uit te leef. 

Haar storie is ongelukkig nie uniek nie. Soos vele ander Suid-Afrikaners het my ouma deel geraak van ‘n wrede statistiek. Dit is hierdie maand 5 jaar sedert die dood my ouma aan die keel beetgekry het. Ek lees dat 97 000 mense die afgelope 5 jaar in SA vermoor is. Dit is 11000 meer mense as die aantal sterftes van burgelikes sedert George Bush cowboys en crooks in Irak begin speel het. Die enigste verskil is die intensiteit per vierkante meter en die feit dat die res van die wêreld bewus is dat ‘n oorlog in Irak woed. Maar hier aan die voet van Afrika het meer families by oop grafte gestaan as gevolg van geweld as daar waar Bush en kie hulle bomme op mense laat reën.

Wie gaan namens ons betoog? Teen wie gaan die VN hul uitspreek? Wie gaan die gemors kom skoonmaak? Wie gaan die skietstilstand onderhandel in hierdie onsigbare oorlog wat Suid-Afrikaners in die gesig staar?

Wie gaan pa staan vir die bloed?

Die wit geraamtes van Apartheid?
Die swart onbevoegdheid van die huidige regering?
Die bruin gemors van bendes op die vlaktes?

Ek twyfel sterk.

Dalk eerder ons. Ek en jy en wie ookal nog vir hulself ‘n toekoms toebid in hierdie land. Ons, op wie dit eintlik nie neerkom nie, op wie die verantwoordelikheid nie rus nie, op wie se skouers die skuld nie le nie, sal die gemors moet skoonmaak en die vuilgoed by die agterdeur uitvee.

Gewone mense, wat daagliks in treine, taxis, kantore, skole, hospitale, huise, kombuise en rondom braaivleisvure vergader, gaan die helde in hierdie storie wees. Mense wat wonder bo wonder uit hul alledaagse depressie beweeg en vrylik hul vrese vryspreek. 

Want dit is op die ou einde vrees wat ons van mekaar verwyder totdat die gapings wat geweld veroorsaak al hoe groter en leliker tussen ons kom le. Dit is vrees wat maak dat ek en jy stereotipes om mekaar se nekke hang. Dit is vrees wat maak dat jy wurg in plaas vra, dat jy slaan in plaas van soen, dat jy vloek in plaas van vergewe, dat jy haat in plaas van lief het en dat jy vlug in plaas van hoop.

Baie jare gelede het iemand geskryf dat waar liefde in die harte van mense leef het vrees geen vashou plek nie. Dit is dan wanneer mense, te midde van skote wat klap en vuiste wat wangbene kraak, dit regkry om die hoë mure af te breek, die stereotipes nek om te draai en die eerste riskante tree na mekaar se vreemde wêrelde te gee. 

Ek kan dit al sien:

‘n Jong ouditeur vat die taxi werk toe. Hy het sy somme gemaak en besef dit is goedkoper en vinniger is, as om in sy nuwe BMW elke dag in die verkeer te sit. Langs hom sit ‘n mama en smul aan ‘n koue hoender boudjie. Die taxi driver het sy seatbelt aan en trap rem sodat ‘n ou Chinese tannie in ‘n klein Toyota Tazz voor hom in die verkeer kan indruk. Hy glimlag breed en die goud tussen sy tande verklap dat laasjaar ‘n goeie jaar vir taxi drivers was. Die jong ouditeur, ‘n boorling uit die Boland, praat Xhosa met die mama, hy gee haar finansiele raad en neem haar kontak besonderhede. Hy belowe hy kan haar seun help met al sy slegte skuld. Die mama is baie dankbaar, want sy worry tog so oor haar laaitie wat so koop en koop asof geld aan bome groei. Die driver kyk in sy blinde kol, sit sy flikker aan en beplan om van baan te verander. In sy tru spieeltjie sien hy hoe ‘n Indiër man vir hom wys hy kan maar voor hom indruk. Terwyl die taxi driver van baan verander speel RSG kliphard oor die radio. David Kramer sing van die Royal Hotel en almal in die taxi sing saam. 

Die mama draai na die ouditeur en sê:

Eish, maar julle witmense laaik darem hierdie klong met die rooi skoene. Guess what, ons laaik hom ôk!

JOHANNESBURG – Duisendes vlug vir hul lewe na die uitbreek van geweld op buitelanders in die Gauteng area in die afgelope weke. Die oorlog op persone van ander lande het veroorsaak dat polisiestasies en gemeenskapsale omskep word in tydelike, vir alle praktiese doeleindes – vlugtelingskampe. Volgens die syfers van die SAPS was daar teen 21 Mei, ‘n totaal van 28 533 vlugtelinge by hierdie plekke.

Sedert die uitbreek van die geweld het duisende buitelanders die land uit gevlug en ander is deur buurstate se regerings kom haal met busse. Maar die meerderheid het geen heenkome nie. Spekulasie oor die skielike uitbreek van die geweld en die oorsake daarvan is op almal se lippe. 

Intussen omvou daar daagliks nuwe verhale wat ‘n mens neem na ‘n wêreld wat herrinner aan vorige rampe op ons Afrika kontinent.

Helen, ‘n vlugteling ma vertel: “I’m worried, I’m so worried about my child. He is in grade 12 and must write exams. He is very clever. We are sleeping here (Germiston City Hall) and each day when he goes to school I fear he wont come back alive”

‘n Familie van die DRC: “Our whole familiy is here (Jeppe Police Station). We cannot go back to the DRC because of the danger there. What will we do? Our son is ill. We cannot take him to hospital. Our baby is two months old and we have been sleeping outside for 5 evenings”

Ons loop ‘n man raak wat aangeval is: “I have nothing. I came here (Germiston City Hall) without shoes, without a jacket. They have stolen everything. They hit me with a panga six times”

In samewerking met SARK het kerke in die afgelope weke ‘n deurslaggewende rol gespeel in die hulpverlening aan vlugtelinge. Ondanks die gebrekkige ingrype deur regeringsdepartemente het kerke en NGO’s kos voorsien, insamelingsprojekte geloods en basiese hulp versprei na die verskillende punte waar vlugtelinge skuil.

Van die organisasies wat ‘n integrale rol speel in die hulpverlening is MES Aksie in Johannesburg, the International Organisation for Migration, Global Relief en World Vision.

Ons was self deel van ‘n groot groep studente vanuit NG Kerke in Pretoria en Christen organisasies op die UP Kampus wat vrywillig gaan help het in Germiston. Terwyl ‘n mens daar besig is om donasies uit te sorteer hoor ons die organiseerders se hulpkrete vir nog hande. Ons besef dat die boodskap moet uitgaan dat dit nou ons geleentheid is om die hande en voete van Jesus te wees. Ons is dan so baie wat kan kom help!

Die problematiek rondom die hele saak van Xenophobia is kompleks en waarskynlik ‘n langtermyn krisis. Al die verskillende rolspelers en sektore soos die regering, organisasies en kerke sal saam ‘n oplossing moet soek. 

Die afgelope paar weke se gebeure laat ‘n mens besef dat die kerk ‘n integrale rol in ons land moet speel. Gemeentes kan ‘n groter verskil maak in belangrike gebeure as wat ons baie keer besef. Mag die Here ons gebruik om ‘n krisis situasie te verander in ‘n verhaal van hoop!

 

Ds Anriëtte de Ridder van Stellenberg Gemeente in die Kaap

Ds Zander van der Westhuizen van NG Lynnwood in Pretoria

Donderdag 22 mei

Germiston stadsaal

 

Germiston stadsaal is oorvol met verslae mans, vroue en kinders. Volgens een van die koordineerder Mnr Koom, is daar 2400 mans, 240 vroue en 120 kinders. Hoe op dees aarde vind almal ‘n plekkie om te slaap?  Ek gesels met Julia en haar gesin wat voor die stadsaal in die son sit. Julia, ‘n Zimbabwer, het ‘n “spaza” winkel gehad waar sy kos gemaak het vir ‘n inkomste. Sy is al 5 jaar in die land en het hard gewerk om ‘n lewe te maak vir haar en haar gesin.  Sy het verlede week al haar geld gebruik (R2100) om nuwe voorrade aan te koop – haar aanvallers het alles gesteel. Hulle klere, beddegoed, meubels, geld, selfone, skoene – alles is gevat deur jong mans wat hulle met pangas aangehou het.  Hulle het kaalvoet gevlug vir hulle lewens. In die proses het Julia se suster geval – sy wys vir my haar skraapwonde. “Wie het dit gedoen?”, vra ek. Hulle weet nie wie dit was of hoekom hulle aangehou is nie, maar beskryf hulle aanvallers as jong seuns wat in die eerste plek hulle goed wou gehad het.  “Hulle was jong Zulu seuns – kriminele (tsotsi’s) wat net dit wil steel waarvoor ons so hard gewerk het”.

 

“Ons kan nie teruggaan Zimbabwe toe nie, daar is niks kos nie”, vertel Julia verder. “Wat sal van ons kinders word?” vra sy, sonder dat sy ‘n antwoord verwag.

 

In die hoek van die saal keer Helen my voor. Sy is in trane. Sy is ‘n enkel ma van twee kinders en kom van Zimbabwe af. Haar kinders is in Germiston in die skool. Haar seun is besig met sy matriek eksamen en dit is oor hom wat sy so angstig is. Hy is baie slim en wil baie graag skool klaarmaak, verduidelik sy. Hy dring daarop aan om elke dag steeds skool toe te gaan om sy eksamens te skryf al verkeer hy in lewens gevaar.  Sonder boeke of skoolklere (hul het alles verloor toe hul aangeval is), pak hy elke dag die gevaarlike roete skool toe aan, wetend dat dit moontlik sy lewe kan kos.  Ek wonder hoe ‘n jongmens op ‘n leë maag kan gaan matriek eksamens skryf nadat hy in ‘n stampvol saal probeer slaap het. Hoe hou hy moed? Hoe kan hy bly hoop op ‘n toekoms nadat alles van hom weggeneem is?

 

Bid asseblief saam met my, smeek Helen met oë vol geloof. Toe ek klaar gebid het, vra ‘n klein dogtertjie my om haar te help om haar vuil teddiebeer met haar truitjie op haar rug vas te bind. Met wieg bewegings sus sy die teddiebeer rustig aan die slaap

Jeppe Polisiestasie

Woensdag 21 Mei 2008

 

Ons vind die polisiestasie maklik want daar is ‘n hele samedromming mense in en om die parkeerterrein agter die stasie. My eerste indrukke is die van chaos. Oral staan of sit mense in groepies rond. Ek skat dat daar meer as ‘n duisend mense is (MES aksie het later bevestig dat hulle elke dag een ete aan 2000 mense daar voorsien).  Hope bagasie (in swartsakke of tasse) staan rond van dié wat wel iets kon gryp voordat hulle gevlug het. Kinders skuil verskrik by hul ma’s en baba’s huil. 

 

Ek gaan sit plat op die grond by ‘n groepie mense. Nadat ek in gebroke frans ‘n paar sinne gewissel het, breek die ys en hulle wantroue verdwyn. Een van die vroue dui aan dat sy engels magtig is. Sy verduidelik dat hulle almal familie is (vier vroue, twee mans, en drie kinders). Hulle het as gevolg van oorlog in hul eie land, die DRC, gevlug na Suid-Afrika ‘n paar jaar vantefore, net om hier weer “oorlog” te kry.  Sy en haar “susters” maak ‘n lewe deur produkte in hul “winkel” op die sypadjie te verkoop, maar nou is alles gesteel en het hulle niks nie. Al wat hulle voor wens is ‘n plek op die aardbol wat hulle “huis” kan noem, waar die kinders veilig kan wees en hulle kan werk.  Maar nou weet hulle nie waarheen om te gaan nie – hulle eie bure het hulle verjaag en al die besittings in hul huis (selfs ‘n dvd speler en TV!) gesteel en hulle is te bang om terug te gaan.

 

Die babatjie van 3 maande glimlag gelukkig toe ek haar optel, nog naif ombewus van die chaos wat om haar afspeel.  Haar boetjie van 7 is egter nie so gelukkig nie – hy is siek, maar hul kan nie hulp vir hom kry nie – nou-nou word ons doodgemaak oppad hospitaal toe, verduidelik sy ma. 

 

Die meeste persone wat ek hier by die polisiestasie mee gesels het kom van lande soos die DRC, Burundi en Somalië. Lande wat self te gevaarlik is om na toe terug te gaan. Ek besef dat dit nie die eerste trauma is wat hierdie gesinne beleef nie, hulle was al meermale slagoffers van

My indrukke is dat hierdie ‘n “doodgewone” gesin is wat net die basiese behoeftes het om ‘n lewe iewers te maak vir hulle en hulle inders.

Hierdie blog loop saam met die JONK E-tydskrif. Die E-tydskrif is gratis beskikbaar op e-pos by http://www.jonk.co.za

Hierdie blog wil die gesprek uitgesproke voortsit! Lees verder Zander en Fourie se gesprekke, maar nog meer! Neem deel. Post asseblief voort. Ons sal met elke uitgawe van die E-tydskrif hier die volledige gesprek post. 

Staan op die seepkis – maak jou keel skoon!