Ek is jammer oor jou ouma, Fourie. Ek dink ons se dit te min vir mekaar. So asof geweld en dood so deel geraak het van ons lewens, dat dit amper normaal geword het. ‘n Getraumatiseerde samelewing. Gedrewe deur vrees. Maar ook gedrewe deur die eeue oue wortel van sonde – die soeke na power.

Anriette se stories (waarvan ek deel was) het my baie dinge laat besef. Dit het my laat besef daar is ‘n leierskapskrisis groter as wat ons besef in ons land, in ons regering en in ons kerk. Die Xeno goed het my laat besef hoe groot die potensiaal is dat ons “bubble” werelde waarin ons wegkruip dalk een van dae gekonfronteer kan word met ‘n SA wat ons nie gewoond is nie. En daar is vrees! En daar is haat! En daar is die soeke na mag! Mag oor buitelanders, mag oor armes, mag oor die “ander”! En waar is die leiers? Waar is die kerk?

Ons staan op die verhoog van die Germiston stadsaal en probeer iets organiseer tussen deur al die chaos van skenkings wat rond le. En ek dink: “Waar is die res van die kerk?”. Dit voel vir my ons hou selgroepe, ons hou Bybelstudie, ons lei mense op, ons prys die Here op Sondae, ons hoor preke….vir die dag wat ons die Koninkryk van God kan laat kom. En nou is die dag hier! En waar is die kerk? “Nee sorrie, ons hou eers vergadering daaroor om te besluit wat om te doen!”, “Nee sorrie, ons is baie besig by ons gemeente vanaand!”, “Nee sorrie, ons kamp!”. Wat ‘n ontnugtering. Die goed is mos belangrik! Ek stem. Belangrik om ons te equip om die hande en voete van die Koninkryk te wees. Great! So hier is dit nou jou kans! Maar nee, niemand het ons genooi nie! 

Ons lewe in frightening tye as die kerk te besig is met haarself om in ‘n moerse krisis soos ‘n mini-oorlog in Gauteng ‘n verskil te gaan maak! Met apologie aan die broers en susters wat wel het, en wel ‘n verskil gemaak het en bygedra het, en steeds doen….I salute you!

Die “ons”, die “kerk” is jy. Jy wat hierdie lees. Jy wat nie ‘n uitnodiging nodig het om te gaan nie. Jy wat VREESLOOS lewe! Jy wat verstaan, daar is niemand anders wat gaan kom om die gemors uit te vee nie! 

Geweld, Xeno, Zimbabwe, die gebrek aan leierskap, die blerrie duur diesel, die rentekoerse, die vrees, die power struggle….hier kom ONS! Ons…die kerk….nie die gebou nie…die kinders…hier kom ONS!

JOHANNESBURG – Duisendes vlug vir hul lewe na die uitbreek van geweld op buitelanders in die Gauteng area in die afgelope weke. Die oorlog op persone van ander lande het veroorsaak dat polisiestasies en gemeenskapsale omskep word in tydelike, vir alle praktiese doeleindes – vlugtelingskampe. Volgens die syfers van die SAPS was daar teen 21 Mei, ‘n totaal van 28 533 vlugtelinge by hierdie plekke.

Sedert die uitbreek van die geweld het duisende buitelanders die land uit gevlug en ander is deur buurstate se regerings kom haal met busse. Maar die meerderheid het geen heenkome nie. Spekulasie oor die skielike uitbreek van die geweld en die oorsake daarvan is op almal se lippe. 

Intussen omvou daar daagliks nuwe verhale wat ‘n mens neem na ‘n wêreld wat herrinner aan vorige rampe op ons Afrika kontinent.

Helen, ‘n vlugteling ma vertel: “I’m worried, I’m so worried about my child. He is in grade 12 and must write exams. He is very clever. We are sleeping here (Germiston City Hall) and each day when he goes to school I fear he wont come back alive”

‘n Familie van die DRC: “Our whole familiy is here (Jeppe Police Station). We cannot go back to the DRC because of the danger there. What will we do? Our son is ill. We cannot take him to hospital. Our baby is two months old and we have been sleeping outside for 5 evenings”

Ons loop ‘n man raak wat aangeval is: “I have nothing. I came here (Germiston City Hall) without shoes, without a jacket. They have stolen everything. They hit me with a panga six times”

In samewerking met SARK het kerke in die afgelope weke ‘n deurslaggewende rol gespeel in die hulpverlening aan vlugtelinge. Ondanks die gebrekkige ingrype deur regeringsdepartemente het kerke en NGO’s kos voorsien, insamelingsprojekte geloods en basiese hulp versprei na die verskillende punte waar vlugtelinge skuil.

Van die organisasies wat ‘n integrale rol speel in die hulpverlening is MES Aksie in Johannesburg, the International Organisation for Migration, Global Relief en World Vision.

Ons was self deel van ‘n groot groep studente vanuit NG Kerke in Pretoria en Christen organisasies op die UP Kampus wat vrywillig gaan help het in Germiston. Terwyl ‘n mens daar besig is om donasies uit te sorteer hoor ons die organiseerders se hulpkrete vir nog hande. Ons besef dat die boodskap moet uitgaan dat dit nou ons geleentheid is om die hande en voete van Jesus te wees. Ons is dan so baie wat kan kom help!

Die problematiek rondom die hele saak van Xenophobia is kompleks en waarskynlik ‘n langtermyn krisis. Al die verskillende rolspelers en sektore soos die regering, organisasies en kerke sal saam ‘n oplossing moet soek. 

Die afgelope paar weke se gebeure laat ‘n mens besef dat die kerk ‘n integrale rol in ons land moet speel. Gemeentes kan ‘n groter verskil maak in belangrike gebeure as wat ons baie keer besef. Mag die Here ons gebruik om ‘n krisis situasie te verander in ‘n verhaal van hoop!

 

Ds Anriëtte de Ridder van Stellenberg Gemeente in die Kaap

Ds Zander van der Westhuizen van NG Lynnwood in Pretoria

Donderdag 22 mei

Germiston stadsaal

 

Germiston stadsaal is oorvol met verslae mans, vroue en kinders. Volgens een van die koordineerder Mnr Koom, is daar 2400 mans, 240 vroue en 120 kinders. Hoe op dees aarde vind almal ‘n plekkie om te slaap?  Ek gesels met Julia en haar gesin wat voor die stadsaal in die son sit. Julia, ‘n Zimbabwer, het ‘n “spaza” winkel gehad waar sy kos gemaak het vir ‘n inkomste. Sy is al 5 jaar in die land en het hard gewerk om ‘n lewe te maak vir haar en haar gesin.  Sy het verlede week al haar geld gebruik (R2100) om nuwe voorrade aan te koop – haar aanvallers het alles gesteel. Hulle klere, beddegoed, meubels, geld, selfone, skoene – alles is gevat deur jong mans wat hulle met pangas aangehou het.  Hulle het kaalvoet gevlug vir hulle lewens. In die proses het Julia se suster geval – sy wys vir my haar skraapwonde. “Wie het dit gedoen?”, vra ek. Hulle weet nie wie dit was of hoekom hulle aangehou is nie, maar beskryf hulle aanvallers as jong seuns wat in die eerste plek hulle goed wou gehad het.  “Hulle was jong Zulu seuns – kriminele (tsotsi’s) wat net dit wil steel waarvoor ons so hard gewerk het”.

 

“Ons kan nie teruggaan Zimbabwe toe nie, daar is niks kos nie”, vertel Julia verder. “Wat sal van ons kinders word?” vra sy, sonder dat sy ‘n antwoord verwag.

 

In die hoek van die saal keer Helen my voor. Sy is in trane. Sy is ‘n enkel ma van twee kinders en kom van Zimbabwe af. Haar kinders is in Germiston in die skool. Haar seun is besig met sy matriek eksamen en dit is oor hom wat sy so angstig is. Hy is baie slim en wil baie graag skool klaarmaak, verduidelik sy. Hy dring daarop aan om elke dag steeds skool toe te gaan om sy eksamens te skryf al verkeer hy in lewens gevaar.  Sonder boeke of skoolklere (hul het alles verloor toe hul aangeval is), pak hy elke dag die gevaarlike roete skool toe aan, wetend dat dit moontlik sy lewe kan kos.  Ek wonder hoe ‘n jongmens op ‘n leë maag kan gaan matriek eksamens skryf nadat hy in ‘n stampvol saal probeer slaap het. Hoe hou hy moed? Hoe kan hy bly hoop op ‘n toekoms nadat alles van hom weggeneem is?

 

Bid asseblief saam met my, smeek Helen met oë vol geloof. Toe ek klaar gebid het, vra ‘n klein dogtertjie my om haar te help om haar vuil teddiebeer met haar truitjie op haar rug vas te bind. Met wieg bewegings sus sy die teddiebeer rustig aan die slaap

Jeppe Polisiestasie

Woensdag 21 Mei 2008

 

Ons vind die polisiestasie maklik want daar is ‘n hele samedromming mense in en om die parkeerterrein agter die stasie. My eerste indrukke is die van chaos. Oral staan of sit mense in groepies rond. Ek skat dat daar meer as ‘n duisend mense is (MES aksie het later bevestig dat hulle elke dag een ete aan 2000 mense daar voorsien).  Hope bagasie (in swartsakke of tasse) staan rond van dié wat wel iets kon gryp voordat hulle gevlug het. Kinders skuil verskrik by hul ma’s en baba’s huil. 

 

Ek gaan sit plat op die grond by ‘n groepie mense. Nadat ek in gebroke frans ‘n paar sinne gewissel het, breek die ys en hulle wantroue verdwyn. Een van die vroue dui aan dat sy engels magtig is. Sy verduidelik dat hulle almal familie is (vier vroue, twee mans, en drie kinders). Hulle het as gevolg van oorlog in hul eie land, die DRC, gevlug na Suid-Afrika ‘n paar jaar vantefore, net om hier weer “oorlog” te kry.  Sy en haar “susters” maak ‘n lewe deur produkte in hul “winkel” op die sypadjie te verkoop, maar nou is alles gesteel en het hulle niks nie. Al wat hulle voor wens is ‘n plek op die aardbol wat hulle “huis” kan noem, waar die kinders veilig kan wees en hulle kan werk.  Maar nou weet hulle nie waarheen om te gaan nie – hulle eie bure het hulle verjaag en al die besittings in hul huis (selfs ‘n dvd speler en TV!) gesteel en hulle is te bang om terug te gaan.

 

Die babatjie van 3 maande glimlag gelukkig toe ek haar optel, nog naif ombewus van die chaos wat om haar afspeel.  Haar boetjie van 7 is egter nie so gelukkig nie – hy is siek, maar hul kan nie hulp vir hom kry nie – nou-nou word ons doodgemaak oppad hospitaal toe, verduidelik sy ma. 

 

Die meeste persone wat ek hier by die polisiestasie mee gesels het kom van lande soos die DRC, Burundi en Somalië. Lande wat self te gevaarlik is om na toe terug te gaan. Ek besef dat dit nie die eerste trauma is wat hierdie gesinne beleef nie, hulle was al meermale slagoffers van

My indrukke is dat hierdie ‘n “doodgewone” gesin is wat net die basiese behoeftes het om ‘n lewe iewers te maak vir hulle en hulle inders.