JOHANNESBURG – Duisendes vlug vir hul lewe na die uitbreek van geweld op buitelanders in die Gauteng area in die afgelope weke. Die oorlog op persone van ander lande het veroorsaak dat polisiestasies en gemeenskapsale omskep word in tydelike, vir alle praktiese doeleindes – vlugtelingskampe. Volgens die syfers van die SAPS was daar teen 21 Mei, ‘n totaal van 28 533 vlugtelinge by hierdie plekke.
Sedert die uitbreek van die geweld het duisende buitelanders die land uit gevlug en ander is deur buurstate se regerings kom haal met busse. Maar die meerderheid het geen heenkome nie. Spekulasie oor die skielike uitbreek van die geweld en die oorsake daarvan is op almal se lippe.
Intussen omvou daar daagliks nuwe verhale wat ‘n mens neem na ‘n wêreld wat herrinner aan vorige rampe op ons Afrika kontinent.
Helen, ‘n vlugteling ma vertel: “I’m worried, I’m so worried about my child. He is in grade 12 and must write exams. He is very clever. We are sleeping here (Germiston City Hall) and each day when he goes to school I fear he wont come back alive”
‘n Familie van die DRC: “Our whole familiy is here (Jeppe Police Station). We cannot go back to the DRC because of the danger there. What will we do? Our son is ill. We cannot take him to hospital. Our baby is two months old and we have been sleeping outside for 5 evenings”
Ons loop ‘n man raak wat aangeval is: “I have nothing. I came here (Germiston City Hall) without shoes, without a jacket. They have stolen everything. They hit me with a panga six times”
In samewerking met SARK het kerke in die afgelope weke ‘n deurslaggewende rol gespeel in die hulpverlening aan vlugtelinge. Ondanks die gebrekkige ingrype deur regeringsdepartemente het kerke en NGO’s kos voorsien, insamelingsprojekte geloods en basiese hulp versprei na die verskillende punte waar vlugtelinge skuil.
Van die organisasies wat ‘n integrale rol speel in die hulpverlening is MES Aksie in Johannesburg, the International Organisation for Migration, Global Relief en World Vision.
Ons was self deel van ‘n groot groep studente vanuit NG Kerke in Pretoria en Christen organisasies op die UP Kampus wat vrywillig gaan help het in Germiston. Terwyl ‘n mens daar besig is om donasies uit te sorteer hoor ons die organiseerders se hulpkrete vir nog hande. Ons besef dat die boodskap moet uitgaan dat dit nou ons geleentheid is om die hande en voete van Jesus te wees. Ons is dan so baie wat kan kom help!
Die problematiek rondom die hele saak van Xenophobia is kompleks en waarskynlik ‘n langtermyn krisis. Al die verskillende rolspelers en sektore soos die regering, organisasies en kerke sal saam ‘n oplossing moet soek.
Die afgelope paar weke se gebeure laat ‘n mens besef dat die kerk ‘n integrale rol in ons land moet speel. Gemeentes kan ‘n groter verskil maak in belangrike gebeure as wat ons baie keer besef. Mag die Here ons gebruik om ‘n krisis situasie te verander in ‘n verhaal van hoop!
Ds Anriëtte de Ridder van Stellenberg Gemeente in die Kaap
Ds Zander van der Westhuizen van NG Lynnwood in Pretoria